Die JDI Swellendam-tak is geopen in 1960 en dien as die hoofkantoor van die besigheid. Tans werk daar 39 personeellede wat die verkope-, administrasie- en werkswinkelpersoneel insluit. JDI Swellendam het ook ‘n afdeling wat ingenieurswerk doen.
Dié tak diens ‘n gedeelte van die Wes-Kaap wat die volgende dorpe insluit: Askraal, Heidelberg, Slangrivier, Witsand, Barrydale, Buffeljagsrivier, Infanta, Malagas, Suurbraak, Swellendam.